5kW Omsetter met Batterye

Write a review
List price: R67 150,00
R62 200,00
You save: R4 950,00 (7%)
Free shipping
Save 7%
Beta
+
Belê in jou lewenskwaliteit en gemoedsrus - 5kW Battery Rugsteun Stelsel om beurtkrag en kragonderbrekings uit te skakel.
  • Pinterest
5kW Omsetter met 5.12kWh Battery. Ideaal vir 1-4 mense.
G van Wyk
Advantages
Smart, fast efficient. Quick installation. Inclusive communication and customer satisfaction. Neat work.
Comment
Corneel and his team at Raptor Solar are the perfect choice for a smart, fast, and efficient solar installation. They installed solar panels, an inverter, and battery backup in less than a day and it was done in a professional way and neat and I now have reliable and cost-effective energy in my townhouse. With a focus on inclusive communication and customer satisfaction, they are committed to providing the best possible service. Don't wait any longer to make the switch to sustainable energy - choose Corneel and his team for a solar installation that is both smart and efficient!
Francois du Toit, Rayton
Advantages
Corneel van Raptor Solar het baie vinnige, vriendelike en profesionele diens gelewer. Hy en sy span was baie vroeg die Vrydag oggend op my perseel vir die instelasie.

Voordat ek hierdie stelsel in gesit het, was my rekening aan Eskom tussen R3800 en R4500 per maand. My lening paaiement is R4075.00 per maand. Verder, na 5 jaar behoort hierdie stelsel aan my. Ek neem dit wel in ag dat ek moet aanhou om daardie bedrag te spaar, want ek sal wel op `n stadium die batterye en panele moet vervang.

Ons het hierdie paket, met die vol sonpanele en een ekstra battery.

Hierdie stelsel is groot genoeg dat my kleinhoewe heeltemal van Eskom kon afgaan. Ons het 4 huishoudings, elke met sy eie yskas en 2 huise het losstaande vrieskaste. Ons het geen elektriese geisers of stowe (behalwe een tweeplaat stofie.) Dan is daar in een huis `n konveksie oond.

Selfs op bewolkte dae is daar genoeg elektrisiteit van die panele af om die batterye weer vol te laai. (Daar was net een dag wat die batterye nie heeltemal vol kon word nie.)

Ek kan enige tyd van die dag of nag op my selfoon sien hoe word die krag opgewek en gebruik word. Ek sien ook dadelik hoe vol die batterye is.

Nadat die Raptor Solar span van my perseel af is, was al die stof op gevee en elke papiertjie op getel.
Disadvantages
Die wisselrigter se waaiers is soms bietjie lawaaierig. As dit in die motorhuis geïnstalleer word, behoort die waaiers nie te pla nie.

Ons moes ons roetine `n klein bietjie aanpas. Ons dink twee keer voordat ons die mikrogolfoond of haardroër aansit as die son nie skyn nie. Verder gebruik ons die hoë elektrisiteitstoerusting, boorgat pomp en kraggereedskap slegs wanneer die son helder skyn en die batterye reeds vol gelaai is.
Maar deel van ons normale rotine is dat ons in elk geval nie swaar elektriese toestelle soos wasmasjiene of tuimeldroeërs in die aand gebruik nie.
Comment
Hou dit in ag - Ons het geen Eskom krag meer nie.



Ek beplan om so gou as wat dit moontlik is, nog `n battery by te sit.

Ek het die stelsel laat finansier. Alhoewel dit `n taamlike omslagtige proses was, was dit nie onmoontlik nie.