Waarom jou produkte op die Markplein verkoop?

Wat is die waarde vir jou besigheid?

 Jou onderneming kry ‘n eie winkelfront op die markplein.

 Jou produkte is sigbaar vir enige een wat die markplein besoek, dus is jou mark baie groter as net diegene wat direk by jou winkel instap op jou webtuiste.

 Jy kan jou onderneming se winkelfront, wat net jou produkte vertoon, net so op jou webtuiste gebruik (binnekort beskikbaar), wat beteken dat as jy dit nie reeds gedoen het nie, jy moeitevry ’n volledig funksionerende aanlynwinkel op jou eie webtuiste kan bekom!


 Die instandhouding van die stelsel word deur ons behartig.

 Dit is vir ons belangrik dat jy goeie verkope op die markplein doen, en daarom doen ons ‘n groot deel van jou bemarking namens jou, deur ons databasis en verskeie ander bemarkingskanale.

Ons dra jou transaksiekostes en administreer die betalings vir jou produkte.

 Ons hanteer jou verskepingslogistiek om jou produkte enige plek reg oor die land af te lewer.

 Vroeë deelnemers kry voorkeur bemarkingsgeleenthede in ’n besigheidsuitbreidingsprogram wat ook voorsiening maak vir strategiese vennootskappe, lojaliteitsprogramme en verwysingsinisiatiewe.

Waarom eerder op die KragDag Markplein verkoop?

Indien jy die waarde insien vir die verkope van jou produkte op ‘n markplein-platvorm, soos in die prospektus hieronder uiteengesit, mag jy wonder of dit dan nie beter sal wees om jou produkte op bv. Takealot te verkoop nie?

Bepalend in jou besluit is watter platvorm genoegsame verkope-potensiaal bied vir jou produkte.
Die antwoord mag dalk selfs wees om dit op meer as een platvorm te verkoop, maar daar is goeie rede om jou selfstandigheidsprodukte op die KragDag Markplein te verhandel.

  • Die KragDag handelsmerk is reeds ‘n gevestigde handelsmerk, wat vertroue inboesem by kopers. Jou onderneming se assosiasie met hierdie handelsmerk, kan vir die verkope van jou onderneming se produkte ’n hupstoot beteken.
  • Dit bied nog ‘n bemarkingskanaal wat jou onderneming se eie handelsmerk in die selfstandigheidsgemeenskap vestig en is dit vir die KragDag Markplein belangrik om nie net jou produkte te verkoop nie, maar ook jou onderneming se unieke identiteit aan kopers oor te dra en daarom kry jy jou eie winkelspasie op die markplein.
  • Die KragDag Markplein se fokus op die nismark van produkte en oplossings rondom die selfstandigheidstema, maak dit ’n voorkeur platvorm vir kopers wat in hierdie tipe oplossings en lewenstyl belangstel.
  • Jou produk “verdwyn” nie tussen miljoene produkte van ander verskaffers nie.


Vir ‘n oorsig van die Markplein lees die Markplein Prospektus HIER