Privaatheidsbeleid
Watter inligting versamel ons?
Ons ontvang inligting van jou wanneer jy op ons webtuiste registreer, 'n bestelling plaas, inteken op ons nuusbrief, of 'n vorm invul.
Wanneer jy 'n bestelling plaas of op ons webtuiste registreer mag ons jou vra om jou naam, e-posadres, posadres en ander toepaslike inligting te verskaf. Dit is egter ook moontlik om ons webtuiste anoniem te besoek.
Waarvoor gebruik ons jou inligting?
Enige van die inligting wat ons van jou ontvang kan op die volgende maniere gebruik word:
- Om vir jou 'n meer persoonlike ervaring te verskaf (jou inligting help ons om beter te reageer op jou indiwiduele behoeftes).
- Om ons webtuiste te verbeter (ons streef daarna om voortdurend die aanbieding van ons webtuiste te verbeter, gebaseer op die inligting en terugvoer van jou ontvang).
- Om ons kliëntediens te verbeter (jou inligting help ons om meer doeltreffend te reageer op jou versoeke en ondersteuningsbehoeftes).
- Om transaksies te verwerk.
- Jou inligting, ongeag openbaar of privaat, sal nie verkoop, geruil, oorgedra of verskaf word aan enige ander maatskappy of instelling vir watter rede ookal, sonder jou toestemming nie, behalwe vir die uitsluitlike doel om die produk of diens wat deur jou gekoop is, vir jou te lewer.
- Om 'n kompetisie, promosie, meningsopname of ander markpleinfunksie uit te voer.
- Om periodieke e-pos / nuusbriewe (waar toepaslik) te stuur - die e-posaderes wat jy verskaf vir die verwerking van jou bestelling, mag gebruik word om vir jou opdaterings te stuur oor die status van jou bestelling, om van tyd tot tyd nuus te ontvang oor die markplein, verwante produkte, diensinligting, ensovoorts.
Jy kan op enige stadium uitteken van die ontvangs van enige toekomstige e-pos deur op die Teken uit skakel onder aan elke e-pos te klik.
Hoe beskerm ons jou inligting?
Ons implementeer 'n verskeidenheid van beskermingsmaatreëls om die veiligheid van jou persoonlike inligting te verseker, wanneer jy 'n bestelling plaas, of wanneer jy jou inligting insleutel, indien, of wanneer daar toegang daartoe verlang word.
Ons maak gebruik van 'n veilige bediener. Alle sensitiewe inligting wat verskaf word, word oorgedra via Secure Socket Layer (SSL) tegnologie en dan geënkripteer binne-in ons Betaalpoort diensverskaffer databasisse, om slegs toeganklik te wees vir diegene wat gemagtig is met spesiale toegangsregte tot hierdie stelsels en wat verplig is om die inligting vertroulik te hou.
Gebruik ons koekies?
Ja (Koekies is klein lêers wat 'n webtuiste of sy diensverskaffer na jou rekenaar se hardeskyf oordra deur jou webleser (indien jy dit toelaat), wat die betrokke webtuiste of diensverskaffer se stelsel toelaat om jou webleser te herken en om sekere inligting vas te vang en te onthou.) Ons koekies is nie skadelik vir jou rekenaar nie.
Ons gebruik koekies om ons te help om die items in jou inkopiemandjie te onthou en te verwerk, om jou voorkeure te verstaan en te stoor vir jou toekomstige besoeke aan die markplein en om rekord te hou van advertensies.
Openbaar ons enige van jou inligting aan buitepartye?
Ons openbaar of verhandel nie inligting aan buitepartye wat enigsins persoonlik identifiseerbaar is nie. Dit sluit nie betroubare derdepartye in wat ons bystaan in die bedryf van ons webtuiste, ons handeldryf, of ons diens aan jou nie, solank as wat daardie partye ooreenkom om hierdie inligting vertroulik te hou. Die enigste uitsondering is wanneer 'n persoon die stelsel sou misbruik om skade aan te rig. Gebruikersinligting wat nie persoonlik identifiseerbaar is nie, mag wel aan ander partye beskikbaar gestel word vir bemarking, advertering, of ander gebruike.
Derdeparty skakels
Soms mag ons, in ons eie diskresie, derdepartyprodukte of -dienste op ons webtuiste aanbied. Hierdie derdepartye het afsonderlike en onafhanklike privaatheidsbeleide. Ons het daarom geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir die inhoud en aktiwiteite van daardie partye nie. Desnieteenstaande probeer ons om die integriteit van die KragDag Markplein te beskerm en verwelkom enige terugvoer oor diesulke webtuistes.
Slegs 'n aanlyn privaatheidsbeleid
Hierdie aanlyn privaatheidsbeleid het slegs betrekking op inligting wat deur ons webtuiste bekom is en het dus geen betrekking op inligting wat aflyn bekom is nie.
Jou instemming
Deur die gebruik van ons webtuiste, stem jy in tot ons privaatheidsbeleid.
Veranderings aan ons privaatheidsbeleid
Indien ons sou besluit om die privaarheidsbeleid te wysig, sal ons daardie wysigings op hierdie bladsy vertoon en/of die Privaatheidsbeleid wysigingsdatum hieronder aanpas.
Hierdie beleid was laas aangepas op 2021-12-01.