Oor ons onderneming

Ons storie

In 2008 is KragDag gebore met die aanbied van die eerste KragDag ekspo wat gefokus het op energieselfstandigheid in antwoord op die nuwe verskynsel van beurtkrag. Met verloop van tyd het die omvang van KragDag se fokus verbreed om selfstangheid vir huishoudings oor die hele lewensspektrum te dek. Drie dae ´n jaar was egter net nie bevredigend genoeg nie en ons het gevolglik lank reeds die voorneme gehad om ´n heeljaar kuberteenwoordigheid vir oplossings, wat by die ekspo beskikbaar is, te skep. Die owerheid se 2020 grendelstaat het ons beweeg om hierdie behoefte ´n werklikheid te maak.

Ons missie

Deur die markplein verskaf ons geleentheid vir mense om hoofsaaklik selfstandigheidsprodukte te bekom van ondernemings wat hierop fokus. Die platform is egter meer as net ´n markplein - dit is geskep omdat ons dit belangrik ag dat mense ´n lewe van vryheid moet kan leef. Daarom is die KragDag leuse dan ook Doen jou eie ding!